Ons lewer organiese Lamsvleis aan die groter Pretoria area, direk aan die verbruiker, teen die Boer se prys.
Rooibos Lam:
Vleis direk aan die publiek:
Die verbruiker kan verseker wees van lamsvleis van organiese (Organic) gehalte met die klem op naspeurbaarheid. Die kliënt geniet persoonlike diens met aandag aan detail.
Lamsvleis verhandel tans teen R110/kg opgesny en verpak. Betaling geskied met bestelling. Bestellings kan gemaak word op die Tuisblad.
Weens die aard van`n vrylopend boerdery is voorraad beperk en daarom is dit noodsaaklik om vroegtydig te bestel. Ons lewer op `n maandelikse basis af by ons depot in die Pretoria
Adres: 49 De Havilland Cres Persequor Park Pta
Rooibos Dormerstoet :
Die stoet spog met top genetika uit die Ram JS 10 0034.
Die Rooibos Dormerstoet is geregistreer by SA Stamboek en is `n lid van die Dormer Skaaptelersgenootskap van SA.
Registrasie besonderhede is as volg:
Deelnemernommer: 0664123 DOM
Voorvoegsel: RBT
Kuddekenmerkletters: RIO
Effektiewe datum: 01-03-2015
Doen gerus navraag oor ons volgende veiling by rooibosdormers@gmail.com
Terug | Terug na bo |